SWEM | SWIMMING
Swem is 'n individuele of spanwedrensport wat die gebruik van 'n mens se hele liggaam vereis om deur die water te beweeg.
Swem is 'n baie goeie manier om gou fiks en gesond te bly, asook vriende te maak en natuurlik is swem vet pret.
As 'n ekstra 'fun' aktiwiteit neem ons swemmers ook jaarliks deel aan die myl. Hierdie verskaf tonne pret vir alle swem liefhebbendes.
Hoërskool Warmbad se swemmers neem ook jaarliks aan die Interhoër swem deel wat in 2024 by Hoërskool Piet Potgieter aangebied word.
Voordele van swem:
Swem is 'n sport wat voordelig is vir ons hele liggaam. Hitte pla nooit - want jy kan afkoel terwyl jy oefen. Swem verbeter die werking van organe, stabiliseer bloeddruk en versterk die hele kardiovaskulêr stelsel. Nie net is swem lekker nie, maar swem verhoog ook longkapasitiet, die hele spierstelsel en is die beste oefening omdat swem meer weerstand bied as lug.
Kontakbesonderhede | Contact details
Swem Organiseerder | Swimming Organise4
Jurie Human
078 801 3908