g

Hoërskool Warmbad
[javascript protected email address]
+27 (0)14 736 2166
SKOOLLIED | SCHOOL ANTHEM

 

Lank het ons gewag vir die breek van die dag

Om lig te laat skyn op die taak wat ons wag

Deur stryd en volharding is die weg gebaan,

Wie na ons kom, kan regdeur gaan,

Getrou op ons pos met fakkel in die hand,

Dra ons van vaandel uit teen die rant,

Deur vlyt en werk sal ons oorwin.

Hoor nou ons lied,

So mooi en fel,

Dis durf en daad by ons wat tel,

Dis om die werk, nie om die loon,

Ons weet volharding word bekroon.

Ons weet volharding word bekroon.

(Woorde : Mnr. HT Uys)

(Toonsetting : Mev. F.W. du Plessis)

 

SKOOLWAPEN

Personeel en leerlinge het in Oktober 1953 aan die werk gespring en is die skoolwapen ontwerp soos dit hierbo verskyn.

Die leuse van die skool is “Volharding word bekroon”, daarom dan dat die wapen so ontwerp is, dat dit die leuse kan uitbeeld.  Vir eweredigheid en belyning van die wapen is die leuse egter verkort na “Volhard”.

Die voetstuk van die wapen is die ou bekende platkruin-Kameeldoring, tipies van die omgewing waarin die skool geleë is, taai, vol uithouvermoë om sy geslag nie te laat uitsterwe nie.

Twee brandende fakkels oor die wiel geplaas, stel voor lig, om die rollende wiele veilig op die pad van ons studerende juig om nie af te dwaal en vas te val in die moerasse van die teenwoordige lewe en denke nie.

Die wapen as geheel, word omsluit deur die lourierkrans, simbool van oorwinning.

H.T UYS