g

Hoërskool Warmbad
[javascript protected email address]
+27 (0)14 736 2166
AKADEMIE | ACADEMIC

By Hoërskool Warmbad glo ons daarin om die ekstra myl vir ons leerders te stap - daar is baie min verkeer aangesien meeste mense nie bereid is om hierdie pad te stap nie. 

Die eerste plan wat ons in plek het om ons leerders te help om na volharding en toewyding te strewe is met ons ekstraklasse.  

Die tweede plan wat die Warries in plek het, is om elke Warrie wat deur ons bekwame hande gaan, gereed te kry vir die Nasionale standaard wat aan die einde van die jaar getoets word.  Natuurlik maak ons ook seker ons Warries styg ver bo ander leerders uit as dit by universiteits aansoeke kom.  

By Hoërskool Warmbad sal 'n matriek leerder uitstap met wysheid en insig in elkeen van sy vakke wat geen boek ooit vir hom/haar sal kan leer nie.  Dit is hoe ons dit in die bosveld doen.