SEO H1 Tag

Hoërskool Warmbad
[javascript protected email address]
+27 (0)14 736 2166
Nuusberigte
Koben Hofmeyr Motiveer die Warries in Algemene Nuus | General News
#kobenyster #warriehero #kobenhofmeyr #vreesloos
16 Februarie 2023

KOBEN HOFMEYR het vandag elke Warrie-hart diep geraak en kom inspireer met sy besoek! Ná 'n ernstige rugbybesering vier jaar gelede, het dokters gesê hy sal waarskynlik nooit weer kan loop nie! Maar vandag, toe Koben met krukke stáán en die skool toespreek, was elkeen getuie van die wonderwerk in sy lewe! Leerders het ná sy motiveringsboodskap gestroom om saam met hom 'n foto te neem.

"Jy moet gehoorsaam wees aan die Here, want Hy het 'n plan met jou lewe. Dis belangrik om te onthou dat as jy vandag wakker word, jou doel op aarde nog nie verby is nie. Dis ook baie belangrik om in jouself te glo."

Dankie, Koben! Jy stel vir ons 'n voorbeeld en inspireer ons om voluit te lewe!

Thank you, Koben! You set a good example and inspire us to live life to the fullest!