Die doele spat tydens Noordvaal.
Die o/14-hokkiedogters van Hoërskool Warmbad het gedurende die Julievakansie aan die o/15 Noordvaal Toernooi te Vanderbijlpark in Sasolburg deelgeneem. Die doele het behoorlik gespat en talle oorwinnings is tydens dié toernooi aangeteken. Die Warries het behoorlik hul staal gewys deur tweede in die Noordvaal Toernooi te eindig teenoor agt skole. Die afrigters, ouers, ondersteuners en borge is ongelooflik trots op hierdie spelers en alhoewel hul teen o/15’s te staan gekom het, kan ons met afwagting uitsien na wat hierdie span in die nabye toekoms kan bereik. Die Warries se harte klop van trots.
Hoërskool Warmbad wil graag van die geleentheid gebruik maak om talle ouers, ondersteuners en borge te bedank.
Sonder julle ondersteuning sou die Noordvaal Toernooi nie dieselfde gewees het nie.