SEO H1 Tag

Hoërskool Warmbad
[javascript protected email address]
+27 (0)14 736 2166
Nuusberigte
Leiers wys hul staal tydens die jaarlikse UK-Kamp! in Algemene Nuus | General News
Hoërskool Warmbad se nuutverkose UK-lede vir 2022/2023 het hul staal gewys tydens hul leierskamp te Zwartkloof.
23 Augustus 2022

Hoërskool Warmbad se nuutverkose UK-lede vir 2022/2023 het hul staal gewys tydens hul leierskamp te Zwartkloof.  Zwartkloof, 'n natuurskoon net buite Bela-Bela in die hartjie van die bosveld waar onvergeetlike sport en avontuur herinneringe gekweek word, is ook wel bekend vir hul ongelooflike smaaklike etes.  Dis hier waar die Warries stof opgeskop het en hul leierskapsvaardighede verbreed het.  Die Warrie-leiers het hier kragte gemeet met hulself oor leierskap, leierskapontwikkeling, spanwerk en uithouvermoë. Goeie leierskap sessies is aangebied deur uitstekende sprekers, asook is praktiese toepassing en ondervinding beleef in verskeie gebiede.  Hierdie naweek was een vir die boeke en ons weet dat die konstante bou van leierskapontwikkeling die skool se naam met trots binne en buite die skool gedra sal word.  

"You're off to great places!  Today is your day!  Your mountain is waiting, So ... get on your way!"  - Dr Seuss