Kultuur/ Culture

Hoërskool Warmbad bied leerders die geleentheid om aan twee verskillende drama-aktiwiteite deel te neem.

Groepdrama is ’n kreatiewe geleentheid waar leerders hul emosies en talente op die verhoog kan uitleef – of hulle nou in die kollig is of deel vorm van die ensemble. Leerders neem die rol van ’n karakter aan, verdiep hul in die wese daarvan en speel met emosies op ’n manier wat die gehoor laat “oe en aa”.
As deel van ’n groep leer drama-leerders mekaar beter ken en ontdek hulle nuwe fasette van hulself. Hulle groei, ontwikkel en bou selfvertroue terwyl hulle saam skep en speel. Drama is leer deur doen – en veral, dit is speeltyd!
Leerders kry ook die geleentheid om aan buitekompetisies deel te neem, soos die ATKV, NEA, Tshwane Youth Arts Festival en die Naboom Woordfees.

Die drama is in Afrikaans, maar enige leerder is welkom om deel te neem. Daar is geen oudisies nie – ALMAL is welkom!

whatsapp image 2026 02 24 at 14.48.57

At our school, the Drama is a vibrant space where learners can explore their creativity, build confidence, and express themselves through performance. Whether you dream of acting on stage, helping behind the scenes, or simply want to try something new, the Drama Club welcomes everyone with a passion for storytelling and the arts.

Drama provides learners with the opportunity to develop important skills such as public speaking, teamwork, creativity, and confidence. Through fun rehearsals, improvisation games, and performance activities, members learn how to bring characters and stories to life while working together as a team.

Throughout the year, the Drama participates in a variety of exciting activities. These may include school productions and special performances at school events. Members also learn about different aspects of theater, such as stage presence, voice projection, character development, and basic stage production.

More than just performing, Drama is a place where friendships are formed and learners discover new talents they never knew they had. It encourages learners to step out of their comfort zones, support one another, and celebrate the joy of creativity.
If you enjoy acting, storytelling, or simply want to be part of an energetic and supportive group, the Drama is the perfect place to shine.

Join us and take your place in the spotlight!

We host auditions during the course of term 1. The audition piece will be given to any student who wants to participate.

Organiseerder/Organiser
D van den Berg

Die toneel het in 2024 op Hoërskool Warmbad opnuut tot lewe gekom nadat dit vir ’n geruime tyd stil was. Met groot entoesiasme en toewyding het die toneelgroep die produksie Liefde 2024 opgevoer en bewys dat kreatiwiteit en talent steeds sterk in ons skool leef.

Die span se harde werk is beloon met ’n uitstekende A+-toekenning tydens die Interhoër, asook nog ’n A+ by die Waterberg Afrikaanse Kunstefees (WAK). Hierdie prestasies getuig van die leerders se passie, deursettingsvermoë en liefde vir die kunste.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die toekoms van toneel by Hoërskool Warmbad. Die verhoog is gereed, die talent is duidelik sigbaar, en hierdie is slegs die begin van ’n nuwe en belowende era vir toneel by ons skool.

Hierdie jaar keer die toneelgroep weer terug na die planke met ’n nuwe produksie – ’n hartroerende verhaal van omgee, vriendskap en aanvaarding. Ons sien daarna uit om hierdie besondere verhaal met ons gemeenskap te deel. Datums vir die opvoerings sal binnekort bekendgemaak word.

By ons skool glo ons dat elke leerder ’n stem het wat gehoor moet word. Redenaars bied aan leerders die geleentheid om hul denke, kreatiwiteit en selfvertroue te ontwikkel deur middel van redenaarskompetisies.
– 🎤 Wat is Redenaars?
Dit is ’n plek waar leerders hul menings en idees op ’n gestruktureerde, oortuigende manier deel. Hulle leer om argumente logies op te bou, bewyse te gebruik en hul gehoor te inspireer.

Organiseerder/Organiser
J Hugo

Orators is our school’s public speaking society where confident voices are built and bold ideas take the stage. Open to all high school learners, we sharpen skills in speech writing, persuasive argument, impromptu speaking, and performance poetry through friendly in-house competitions and external online competitions. Whether you’re preparing for a classroom speech or dreaming of the podium, or just want to beat stage fright, Orators gives you the tools, coaching, and audience to find your voice. We believe every learner has a story worth hearing — we just help you tell it so the back row listens.

Internal competitions take place in March.
Learners can participate in Con Spirito
Tip of your tongue and Interhoër
Organiser
D van den Berg