Gholf/Golf

whatsapp image 2026 05 06 at 06.59.52 (1)

Warries Gholf bied leerders die geleentheid om hul talent, konsentrasie en sportmangees op die gholfbaan te ontwikkel. Ons gholfspan neem jaarliks met trots deel aan die Interhoër-gholftoernooi, wat gedurende die eerste kwartaal plaasvind kort ná die Atletiek-Interhoër.
Gedurende die tweede kwartaal neem die span ook deel aan die gholfliga, waar spelers hul vaardighede verder ontwikkel deur deelname aan verskeie ligawedstryde.
By Warries Gholf streef ons daarna om spelers te ontwikkel wat nie net op die baan presteer nie, maar ook die waardes van dissipline, deursettingsvermoë en respek uitleef.

Warries Golf gives learners the opportunity to develop their talent, concentration and sportsmanship on the golf course. Our golf team proudly participates annually in the Inter-High golf tournament, which takes place during the first term shortly after the Athletics Inter-High.
During the second term, the team also competes in the golf league, where players further develop their skills through participation in various league matches.
At Warries Golf, we strive to develop players who not only perform well on the course, but also live out the values of discipline, perseverance and respect.
Organiseerder/Organiser
M Marshall