Wintersport/Winter Sport

Die rugbykultuur by Hoërskool Warmbad groei jaarliks van krag tot krag.
Ons 0/14-, 0/15-, 0/16-, tweede- en eerstespan speel met trots, dissipline en deursettingsvermoë. Verskeie spanne neem jaarliks deel aan die Provinsiale Liga sowel as die Noordvaal Virsekerbeker-kompetisie.
By Warmbad-rugby bou ons spelers stap vir stap — op en van die veld af.

The rugby culture at Hoërskool Warmbad continues to grow from strength to strength.
Our U/14, U/15, U/16, second and first rugby teams play with pride, discipline and determination. Several teams compete annually in the Provincial League as well as the Noordvaal Virseker Cup competition.
At Warmbad Rugby, we build players step by step — on and off the field.

Organiseerder | Organiser
T vd Heever

Hoërskool Warmbad beskik tans oor o/14-, o/16- en eerstedogterhokkiespanne, asook ’n eersteseunshokkiespan. Hierdie spanne ding hoofsaaklik in die Limpopo Meduim skole liga mee, maar daar word ook teen sterk Pretoriaanse skole gespeel. Elke jaar lewer die Warries ook heelwat provinsiale spelers op wat aan die Provinsiale IPT en streekstoernooie deelneem. Verskeie spelers neem ook jaarliks aan Bokkieweek deel.

Hoërskool Warmbad currently has U/14, U/16 and first girls’ hockey teams, as well as a first boys’ hockey team. These teams compete mainly in the Limpopo Medium Schools League, but also play against strong Pretoria schools. Every year the Warries also produce a number of provincial players who participate in the Provincial IPT and regional tournaments. Various players take part in the annual Bokkieweek.

Organiseerder | Oganiser
C Benadie

Trotse Warrie-Netbalspelers onthou altyd dat hul Hoërskool Warmbad verteenwoordig, op die baan en van die baan af. Juis daarom versterk ons die Warrie-Waardes ook op die netbalbane en hou ons altyd die skool se naam hoog met ons houding en optrede. Ons lewe die netbaltrots. 
By Hoërskool Warmbad gaan dit vir die afrigters daaroor om die speelster in talent te ontwikkel, sodat hulle as span sukses kan behaal.

Netbal is een van Hoërskool Warmbad se gewildste sportsoorte. Jaarliks lewer die skool ’n goeie kwota provinsiale spelers op.

Proud Warrie Netball players always remember that they represent Warmbad Hoërskool, on and off the court. That is why we reinforce the Warrie Values ​​on the netball courts and always uphold the school’s name with our attitude and actions. We live the netball pride. At Warmbad High School, the coaches are all about developing the player into talent, so that they can succeed as a team.

Netball is one of Hoërskool Warmbad most popular sports. Each year the school delivers a good quota of provincial players. 

Organiseerder / Organiser
C Jv Vuuren

Sokker by Hoërskool Warmbad gee leerders die geleentheid om hul vaardighede, spanwerk en sportmangees te ontwikkel.
Ons streef daarna om ’n omgewing te skep waar leerders kan groei, deelneem en hul talent op en van die veld af kan ontwikkel.
Die sokkerseisoen begin jaarliks ná afloop van die rugbyseisoen.

Soccer at Hoërskool Warmbad gives learners the opportunity to develop their skills, teamwork and sportsmanship. Soccer at Hoërskool Warmbad gives learners the opportunity to develop their skills, teamwork and sportsmanship. We strive to create an environment where learners can grow, participate and develop their talent on and off the field. The soccer season begins annually after the rugby season.

Organiseerder/Organiser
O Maseko